Terme en Voorwaardes

Posdiens

  • Inskrywings: Ons maak gebruik van die Suid-Afrikaanse posdiens en nie van koerierdienste nie. Ons kan daarom ongelukkig nie opvolg met jou om te hoor of jy wel jou pakkie gekry het, of vir jou opvolg oor wat het met jou tydskrif gebeur of hoekom dit nie by jou uitgekom het nie. Ons sal wel kan bevestig of jou naam op die versendingslys was, wat die adres is waarna ons dit gestuur het en die datum waarop dit gepos is.
  • As die pos eers in die stelsel is, het ons geen beheer daaroor nie.
  • Indien jou afleweringsadres ’n werksplek, of ’n kantoorblok of winkelsentrum is, is die kanse groter dat jou pos nie by jou uitgaan kom nie. Ons raai dus aan dat jy van ’n posbus gebruik maak of ’n huisadres.
  • Ons pos vanaf Pretoria en dit neem tussen 7-10 werksdae vir pos om in omliggende gebiede afgelewer te word. Pos na die Wes-Kaap of kleiner plattelandse dorpe kan tot 25 werksdae neem.
  • Indien jy ’n kopie van Manna koop op ons webwerf word dit wel per registreerde pos met ‘n opsporingsnommer aan jou gepos.
  • Indien jou tydskrif nie by jou uitkom nie, is jy welkom om ons te laat weet en ons sal dit weer met die volgende pos-lopie vir jou pos. Ons kan wel dit eenkeer vir jou pos na die verlangde adres, maar indien dit steeds nie by jou uitkom nie, stel ons voor dat jy ons in kennis stel en eerder ekstra betaal vir geregistreerde pos of jou subskripsie kanselleer. Indien jy vooruitbetaal het, sal ons die oorblywende kontant uitbetaal slegs vir die toekomstige uitgawes wat nog glad nie gepos is nie.

Kansellasie van Debietorder

  • Kansellasies moet gedoen word voor of op die 22ste van die vorige maand wat die aftrekorder geskeduleer is. Met ander woorde, indien ’n aftrekorder geskeduleer is vir die 1ste September, moet dit teen die 22ste Augustus reeds gekanselleer is. Op enige latere datum sal die inligting reeds na die bank gestuur wees en nie moontlik om te herroep nie. Jou kansellasie sal dus slegs geldig wees vanaf die volgende maand.
  • Indien jou debietorder onsuksesvol is, sal dit die 25ste van die volgende aftrekkingsmaand geskeduleer word. Indien jou debietorder 3keer onsuksesvol is, sal jou inskrywing automaties gekanselleer word.

Prysverhoging

  • Manna het ’n R3 outomatiese prysverhoging per jaar wat die 1ste Mei intree.