Digitaal: R20.00
Gedruk: R34.00 (sluit posgeld in)

Inhoud van Volume 9:

Ons word onwetend negatief gekondisioneer van kleins af en ons besef nie dat jare lange se subtiele kondisionering een van die hoofredes vir ons negatiwiteit is later in ons grootmens-lewe nie. Geleerdes sê dat daar daagliks 60,000 gedagtes deur ons brein gaan en bykans 70% is negatief! Die groot geheim is dus om te besef waar kom die negatiwiteit vandaan en tweedens hoe om dit te vervang met nuwe positiewe boodskappe om sodoende die verlede se negatiwiteit uit te wis en tweedens om jou lewe vorentoe positief te beïnvloed.

Ek ontmoet die heeltyd mense wat dink dit is te laat om hulle lewe te geniet omdat plan A misluk het. Hy het haar toe nie gevra om te trou nie. Die bank het die verband teruggetrek. Die huwelik het verbrokkel.Die familiebesigheid het ondergegaan. Hulle wag nog steeds op ‘n baba. Die aandelemark het in duie gestort. Hy het nie die werk gekry nie.

Wel, ek het goeie nuus vir enigeen wat teleurgesteld of heeltemal ontnugter is deur sy of haar oorspronklike plan. By God kan plan B beter wees as wat plan A ooit sou kon wees. Ons verstaan dit dalk nie, maar by God is enigiets moontlik! God gebruik elke situasie ten goede.

Ons leef in ‘n wêreld van gebroke woorde. Verbreekte en hol beloftes. Ondernemings wat aangegaan en weer teruggetrek word. Versekering wat gegee en dan geïgnoreer word. Dit word met groot fanfare gesê. “Ek sal jou altyd liefhê.” “Jy kan op ons staatmaak om goeie werk te erken.” “Tot die dood ons skei.”

Maar woorde is geneig om te verbrokkel. Hulle is soos bros herfsblare. Hy het sekerlik al baie sulkes gehoor. Maar jy sal dit nooit van God hoor nie. In ‘n wêreld van gebroke woorde bly Syne staan. In ‘n lewe van verbreekte beloftes kom Hy Syne na. “Daar is niks vals in wat die Here sê nie. Sy woorde is soos silwer wat oor en oor in ‘n oond gesuiwer is.” God kom sy beloftes na.

Dinge sal nie gebeur slegs deur jou talent, deur jou kontakte of deur die mense wat jy ken nie. Dit sal gebeur omdat God in jou rigting asemhaal. God verander die winde en dan waai genesing, bevordering en herstel oor ons pad.Dit is dalk nodig dat jy weer moet kyk na die deure wat voorheen vir jou gesluit was. Dinge het verander. Jou droom om ‘n nuwe besigheid te begin, om weer te gaan studeer, om ‘n sendingreis te onderneem, het miskien nie die eerste keer waar geword nie, maar dis reg so. Dit het jou vir hierdie keer voorberei. Moenie moed opgee nie. ‘n Nuwe dag het aangebreek. Dinge het verander. Volg weer jou droom. Wanneer God in jou rigting asemhaal, verander mense van plan. Geslote deure gaan onverwags oop. Nee word ja. Nie nou nie word eensklaps: Dis jóú beurt!

Ouerskap is nie altyd die maklikste werk nie, alhoewel dit beslis die mees belonendste is. Soos baie ander dinge in die lewe, is dit soms goed om te groei in areas wat ons soms meer sukkel. Een van hierdie areas wat ouers baie oor vra, is hoe moet ek met my kind praat? Ouers, ek inkluis, sukkel soms om die balans te vind tussen strengwees, dissipline en konsekwent wees, maar ook terselfdertyd om nie ’n kind emosioneel seer te maak of af te kraak nie. Hier is ’n paar wenke wat jy as ouer gerus kan probeer en kyk of dit van konfliksituasies en dissipline van hulp is.

Wanneer jy iemand behandel asof hulle spesiaal is, word hulle spesiaal. Dit kan wees dat jou gesindheid teenoor hulle hul gedrag beïnvloed. Of dit kan wees dat die manier waarop jy hulle behandel jou eie gesindheid verander. Dit is waarskynlik bietjie van albei. Die eerste stap vir ‘n suksesvolle huwelik is om die mag te gebruik wat God jou gegee het om jou huweliksmaat te seën in plaas van te benadeel.

Jy kan haar liefhê, opbou, aanmoedig, seën. Of jy kan haar kritiseer, afbreek en ontmoedig. Enigiemand wat iemand anders tot seën is, is self ook geseën. Ek glo dit is veral waar van ‘n man wat aktief na maniere soek om sy vrou te seën. Wys jou dade vir jou vrou hoe lief jy haar het? Is jy bereid om opofferings te maak sodat sy geseën (bemoedig, behaag en geprys) kan word? Ongeag hoe goed jy dink jy vaar wanneer dit by seën vir jou vrou kom ─ en dus ook vir jou huwelik─ daar is tien maniere om selfs beter te vaar.

Ons besef almal hoe belangrik dit is om ons kinders die beste geleenthede te gee. Dit lyk asof elke nuwe geslag ouers nog meer daarop ingestel is om vir hul kinders moontlikhede te skep wat hulle nie gehad het nie. Met die beste bedoelings oorhandig ons ons kinders aan ’n magdom afrigters en spesiale onderwysers vir ervarings wat hulle kan verryk omdat ons dink dit kan ons kinders die beste vir die toekoms voorberei. Maar die prys van hierdie hulp aan ons kinders kan baie hoog wees.

As ek terugkyk oor my lewe, besef ek party van die waardevolste geskenke wat my ouers my gegee het, spruit nie uit wat hulle vir my gedoen het nie, maar uit wat hulle nie vir my gedoen het nie. Wat belangrik is nie wat jy alles vir jou kinders doen nie, maar wat jy hulle leer om vir hulleself te doen wat van hulle suksesvolle individue sal maak.