Digitaal: R20.00
Gedruk: R44.00 (sluit posgeld in)

Inhoud van Volume 26:

Ek weet nie van jou nie maar die maan is iets wat my nog altyd fassineer. Nie net die pragtige helder volmaan wat soos ’n lantern die hele wêreld verlig nie, maar elke fase van
die maan.

Gisteraand ry ek terug huis toe. En daar sit sy: ’n groeiende sekelmaan. Wat my so fassineer van hierdie fase van die maan is nie net dit wat jy sien nie, maar ook dit wat jy nie sien nie. In sekere fases van die maan sou jy glad nie kon aflei dat daar eintlik ’n vol prentjie in die skadu van die nag verskuil is nie.

Soos die maan elke aand met klokslag opkom, maar nie altyd waarneembaar is nie, so is God onuitroeilik teenwoordig.

Lyk dit of die goeie lewe altyd een as ek maar net ver is? Een aankoop ver? Een bevordering ver? Een verkiesing, verandering of romantiese verhouding ver? Indien wel, het ons jou bekommernis na een van die bronne daarvan teruggevoer. Jy is haastig om die rivier oor te steek en jy is bekommerd dat jy dit nooit sal regkry nie.

Gevolglik werk jy lang ure, leen jy meer geld, sê jy ja vir nuwe projekte en aanvaar jy nog meer verantwoordelikhede. Spanning. Skuld. Kort nagte. Lang dae. Dit alles is deel van die koste van die kaartjie na die land van die goeie lewe, nie waar nie?

God se terapie vir bekommernis sluit ’n groot lepel vol heerlike dankbaarheid in.

Los jou emmerskoplys. Dis te laat. Maak ’n leeflys. Begin betyds en leef doelgerig! ’n Leeflys neem jou na waar God wil hê jy moet wees, nie na waarheen die strome van jou omstandighede jou vandag vat nie.

’n Leefl ys is jou bewustelike besluite en keuses waardeur jy jou lewe bestuur. Dis om doelgerig beheer te neem van jou lewe en jou uitkomste te beïnvloed. Dis om jou lewe se uitkomste te deurdink en dan daarheen te begin beweeg.

’n Leeflys verskil van ’n emmerskoplys deurdat dit deurlopend gedink en gedoen word. Dit word wel gesneller deur lewensfases en lewensgebeure, nes die emmerskoplys wel deur die naderende dood gesneller word.

Die lewe is ‘n opwindende reis wat uit twee helftes bestaan. Die take en prioriteite van die twee helftes verskil dramaties van mekaar.

God wil nie in die eerste plek van ons goeie kerkmense maak nie. Hy wil in die eerste plek van ons mense maak wat snap dat God deur Jesus begeer om in ’n intieme, liefdevolle verhouding met ons te staan. Dat ons nie beheer het oor onsself nie, dat ons nie kan bepaal waarheen ons lewens gaan nie en dat die dinge wat vir God belangrik is, nie vanselfsprekend die dinge is waarmee ons ons besig hou nie.

God het nie ’n getuigskrif van tien bladsye met allerhande kwalifikasies nodig nie. Al wat Hy nodig het, is jy – net soos jy is – net soos Hy jou geskape het. Laat die vakmanskap aan Hom oor.

Dis gewoonlik die mense vir wie ons die liefste is wat ons die seerste sal maak. Ons moet leer om lief te hê asof ons nog nooit seergekry het nie. Ons moet leer om lief te hê ten spyte van seerkry.

Dit is uiters nood saaklik, want ek kan jou waar borg dat iemand jou hart gaan breek. Iemand gaan jou los of jou verlaat. Iemand gaan iets vir jou sê wat jou diep sal seermaak. Iemand gaan jou teleurstel. Iemand gaan jou in die steek laat, vir jou jok of jou in die rug steek. Iemand gaan jou verwerp.