Digitaal: R20.00
Gedruk: R44.00 (sluit posgeld in)

Inhoud van Volume 25:

Ek kry dikwels met mense te doen wat aan die einde van hule lewe kom en na ’n leeftyd van goeie godsdienstige kerkmense wees, totaal onseker en angsbevange raak as hulle besef dat hulle binnekort sal sterf.

Hulle worstel met diep vrae oor God en hulleself en oor hoe God oor hulle dink. Dan sê hulle kinders gewoonlik iets soos: “Ons kan nie verstaan hoekom ons ma of pa so angsbevange is nie. Ons het geglo hulle sal meer vrede hê.”

Om God van binne af te ken is nie so vanselfsprekend nie. Daar is heelwat dinge wat dit kan verhoed.

Moet onder geen omstandighede kies om angstig en bekommerd te wees nie. Jy was nog altyd volkome in beheer van jou angstigheid. Te alle tye en in alle omstandighede kan jy kies om nié angstig en bekommerd te wees nie.

As jy soos die meeste ander mense is, raak jy soms angstig en bekommerd. Nie waar nie? Aangesien dit waar is, hoe sal jy daarvan hou om ’n oplossing vir jou angstigheid te kry?

Oral in die lewe kry ’n mens met die noodlot te doen en word jy voor die keuse gestel om vanuit jou lyding tot ’n innerlik oorwinning te kom. Die mens kán innerlik sterker wees as sy uiterlike omstandighede.

Die wyse waarop die mens sy omstandighede verwerk en lyding as sy kruis opneem, bied vir hom die moontlikheid om selfs in die haglikste lewensomstandighede tot in die laaste oomblik van sy lewe sinvol te kan lewe. In sulke omstandighede kán ’n mens moedig en dapper bly, waardig en onselfsugtig optree.

Wanneer ons nie meer in staat is om ons situasie te verander nie, word ons uitgedaag om onsself te verander.

Jou tafel is ’n bymekaarmaakplek, ’n krag om te keer dat die lewe met jou weghardloop en jy vervreem raak van die mense wat saam met jou en om jou lewe.

Die spiritualiteit van die tafel sê: Ek hoef nie te smag na die buitengewone, my lewe te slyt terwyl ek wag vir ’n wonderwerk.

Tydens ’n middeljarekrisis kan groot skade aangerig word. Indien daar sulke gedagtes in jou kop ronddwaal, kom net eers tot die besef wat die oorsprong daarvan is voordat jy daarop reageer.

Verandering is ’n gegewe in ons almal se lewe. Om daarteen weerstand te bied is soos om die wind te probeer keer wanneer dit besluit om te waai.

Vroue het nie veel afrigting nodig om liefdevol te wees nie. Dit is iets wat God in hulle ingebou het, en hulle doen dit van nature. Hulle het egter wel hulp nodig met respek.

Dit is makliker vir ’n man om sy vrou te respekteer as om haar lief te hê, en makliker vir ’n vrou om haar man lief te hê as om hom te respekteer. Dit is weliswaar ’n vreemde term vir baie vroue, en selfs al het jy die idee aanvaar dat jou man respek wil hê en dit nodig het, is dit steeds ’n moeilike begrip om toe te pas.

Om onvoorwaardelike respek aan jou man te betoon is die wenresep om onvoorwaardelike liefde by hom te kry, maar vroue vind dit steeds moeilik om te verstaan.