Digitaal: R20.00
Gedruk: R44.00 (sluit posgeld in)

Inhoud van Volume 24:

Het jy al ooit iemand teëgekom wat letterlik alles waaraan hy of sy raak en almal met wie hy of sy te doen kry ’n bietjie beter los as wat dit voorheen was? Ek ken so iemand. Ek het haar op ’n dag so dopgehou en gewonder: hoe kry sy dit reg? Of meer nog: is sy eers bewus daarvan?

In watter mate is ek die soort mens wat die lewe en mense op so manier hanteer dat ek dit heler en gesonder laat as voor ek daar deurgestap het?

Lank nadat die kinders gebad het en in die bed was, het die enkelma gesit en staar na die rekenings en haar tjekboekbalans.

Te veel van die eerste, nie veel van die tweede nie. Sy het reeds al haar vriende gevra of hulle kan help. Sy het al haar gunste gebruik. Daar is nie genoeg ure in die dag om nog geld te verdien nie. Sy staar by die klein woonstelletjie se vensters uit en wonder wat om te doen.

Soms raak jou hoop op. En wanneer dit gebeur, wat doen jy dan?

God se beloftes werk. Dit kan jou deur verskriklike tragedies help.

Die woord “verantwoordelikheid” is nie sexy of opwindend nie. Tog is dit die eerste onderwerp wat ek wil bespreek oor keuses wat jy kan maak om jou potensiaal te verhoog. Hoekom? Omdat dit die basis is van die meeste ander belangrike keuses wat ons in die lewe maak.

Ons is almal geneig om ander mense kwalik te neem vir ons omstandighede en selfs vir ons keuses. Dit is iets wat ons moet oorkom as ons ons potensiaal wil verbeter en ’n lewe sonder beperkings wil lei. As jy bereid is om keuses te maak wat jou gevoel van verantwoordelikheid verbeter, sal jy ook ’n verbetering in jou sukses sien.

Die manier waarop jy op hierdie gebied van die lewe dink, bepaal jou keuses. Dit is waarom jy daarop moet fokus om jou denkwyse te verander wat betref of daar genoeg is vir almal of nie. ’n Denkwyse van oorvloed verbeter jou kanse om keuses te maak wat jou moontlikhede vergroot. ’n Denkwyse van skaarsheid laat jou keuses maak wat jou potensiaal verminder.

Oorvloed roep uit: “Daar’s meer as genoeg!” Skaarste waarsku: “Gou, gryp wat jy kan voordat dit opraak!” Oorvloed sê: “Gaan uit en vind die bronne.” Skaarste sê: “Hou vas aan wat jy het, want daar is nie meer nie.” Oorvloed sê: “Jou beste dae lê nog voor.” Skaarste sê: “Dit is so goed soos wat dit kan wees.” Hoe ons optree, word bepaal deur die stem wat ons toelaat om in ons gedagtes met ons te praat. Oor die algemeen leef skaarste aan die anderkant van “nee”, wat beteken mense bly waar dit veilig is. Oorvloed daarenteen leef aan die anderkant van “ja”, wat beteken hulle is bereid om iets nuuts te probeer.

Baie mense hou nie van verandering nie en skop aggressief daarteen. Maar die wêreld is heeltyd aan’t verander, of ons daarvan hou of nie. Om dus te weier om dit te aanvaar, help niks. Wat ons moet doen, is om ons denkwyse oor verandering te verander. As ons dit doen, raak die lewe soveel makliker om te hanteer.

Verandering is ’n gegewe in ons almal se lewe. Om daarteen weerstand te bied is soos om die wind te probeer keer wanneer dit besluit om te waai.

’n Bekende leierskapkonsultant in Amerika, beskryf gejaagdheid tereg as ’n toestand van die hart. Besig-wees het alles met jou dagboek te doen, maar gejaagdheid het alles met jou hart te doen.

Om gejaagd en haastig te leef het die inding geword. Dit het die kultuur van ons tyd geword. Daar is nie meer tyd vir stilsit en belê in verhoudings nie. Nee, harder werk, meer afsprake, méér geld en ’n nog vinniger lewe kenmerk ons lewe vandag. As daar een ding is wat ek geleer het by van die voorste kenners van ’n gesonde gesinslewe in die wêreld is dit juis om téén die heersende kultuur van die tyd te gaan.

Jy sal moet kies teen spoed en haastig wees en altyd-aandie-hardloop as jy vandag ’n gesonde gesin wil hê. Raak rustiger, maak jou lewenstempo stadiger en kom by jou huweliksmaat en gesin uit.

Te veel mense gaan deur die lewe met die idée dat die wêreld hulle iets skuld. As hulle kinderjare ongelukkig was, is hulle kwaad vir hulle ouers. As hulle afgedank word ná baie jare by ’n firma, is hulle kwaad vir die base.

Wat ook al aan jou gedoen is, kom dit te bowe. Moenie bitter gevoelens laat wortelskiet nie. Die lewe vlieg verby. Jy het nie tyd om ’n enkele minuut te mors deur negatief, gegrief of verbitter te wees nie.

God het jou nie tot hier gebring net om jou alleen te laat nie. As die lewe moeilik raak, moet jy taai word.