Digitaal: R20.00
Gedruk: R39.50 (sluit posgeld in)

Inhoud van Volume 22:

Toe ek jonger was het Louis Britz ’n lied gesing met die titel Dromer. In die lied sing hy onder andere die volgende woorde:

U laat my drome waar word.

U verwesenlik elke ideaal.

U gee my my hartsbegeerte.

As jong volwassene het hierdie woorde my ontsettend diep geraak. Hoe kan dit wees dat God mý drome laat waar word, of my mý ideale laat verwesenlik en my mý hartsbegeerte gee?

Dis tog onmoontlik. Dis mos veronderstel om andersom te werk, want ek is mos veronderstel om God se drome en God se ideale en God se hartsbegeertes te vervul.

Wanneer ’n mens stukkende mense se lewe ondersoek, kom jy dikwels by ’n fondasie van verwerping uit. Mense wil aanvaar word, en as ons geweeg en te lig bevind word, kan ons nie heel wees nie. 

Ons weet instinktief dat dit van groot belang is om reeds binne die baarmoeder en wieg onvoorwaardelike aanvaarding te beleef. Dit is asof ons met ’n klomp klein bekers in die wêreld arriveer. Die bekers is leeg en moet deur ons primêre versorgers vol gemaak word. Hulle moet uit hul eie oorvloed ons behoeftebekers vol maak.

Ons het nodig om te hoor dat ons waardig genoeg is net omdat ons is. Ongelukkig het ons primêre versorgers dikwels self nie vol bekers nie en probeer hulle so desperaat om hul eie bekers vol te kry dat hulle nie energie oor het om ander se bekers vol te maak nie.

Voel jy oorweldig? Gebombardeer met nimmereindigende eise, verantwoordelikhede en sperdatums? Toegegooi onder rekenings wat betaal moet word, kredietkaartskuld, gesondheidsprobleme, kinders wat jou nodig het en hope e-posse en SMS’e om te beantwoord?

Kan jy glo dat die antwoord op al jou probleme so eenvoudig is as om hulle te laat los? Dit is glad nie onverantwoordelik om jou bekommernisse te laat vaar nie. Inteendeel, om hulle in die hande van die Skepper van die heelal te laat, is die kragtigste ding wat jy kan doen.

Jy erken daarmee dat jy niks uit jou eie krag kan doen nie, maar dat Hy kan, en jy staan opsy sodat Hy op elke gebied van jou lewe kan voorsien. Jy besluit doelbewus om stil te wees en Hom toe te laat om God te wees, om net te staan en toekyk hoe Hy jou red!

Wanneer jy laat los, sê jy in werklikheid: “Here Jesus, ek vertrou op U om die leisels oor te neem. Ek kan niks doen nie, maar U kan. Ek vertrou op U. Ek kies om te laat los en om al my stres, bekommernisse en angs aan U oor te gee, want ek weet U het my lief.”

Een van die grootste uitdagings waarvoor ons te staan kom in ons poging om nou die beste uit die lewe te put, is die versoeking om selfsugtig te leef.

Omdat ons glo dat God wil hê dat ons die beste moet kry, dat ons God se guns ontvang het en dat Hy veel meer vir ons bestem het, is dit maklik om in die subtiele strik van selfsugtigheid te trap. As jy lewe om te gee, sal jy daardie strik vermy en meer vreugde ervaar as wat jy gedink het moontlik is. Dit is ’n belangrike stap in die verwesenliking van jou volle potensiaal.

Een van die beste dinge wat jy kan doen wanneer jy ’n probleem het, is om iemand anders se probleem te help oplos.

Elkeen van ons het ‘n rede waarom ons bid. Ons wil hê God moet ingryp in ons lewens en in die lewens van ons geliefdes. Maar soms is Hy stil. Waar laat dit ons? Doen ons iets verkeerd?

Het Hy dalk nie gehoor toe ons bid nie? Hoekom lyk dit asof sommige mense se gebede ’n groter uitwerking het as ons s’n? Dan raak ons moedeloos en gee moed op, ons hou op met bid. Ons hou op om juis daardie wapen te gebruik wat God aan ons gegee het sodat ons nie moedeloos sal word nie.

As tieners vlot raak in die praat van al vyf liefdestale, sal hulle verhoudings met mense grootliks daardeur bevorder word.

Maar as hulle beperk word tot die praat van net een of twee liefdestale, sal hulle verhoudingspotensiaal ingekort word. Daar sal sekere mense wees met wie hulle nie emosionele kontak kan maak nie.

Die tiener wat geleer het om die liefdestale vlot te praat, het ’n besliste voordeel in alle toekomstige verhoudings.

Die emosionele klimaat van die huwelik en gesin kán baie beter word wanneer gesinslede mekaar se primêre liefdestaal ontdek en dan moeite doen om dit te leer praat.