Digitaal: R20.00
Gedruk: R34.00 (sluit posgeld in)

Inhoud van Volume 11:

Dr Caroline Leaf noem twaalf gebiede waar giftige denke in jou lewe kan insluip en jou negatief kan beïnvloed. Ons weet mos nou al goed dat elke gedagte wat deur ’n mens se kop gaan, positief of negatief, jou brein verander. Plant negatiewe saadjies en negatiwiteit groei! Ons gaan na vyf daarvan kyk en jy kan gerus vasstel watter een ’n dief is wat jou geluk en positiwiteit steel. Hulle is: toksiese gedagtes, – woorde, – keuses, -liefde.

“Neem jou voor om gelukkig te wees, dan sal jy en jou blydskap ’n onoorwinlike leërskare teen probleme vorm,” het Helen Keller eens gesê. Blydskap te midde van teëspoed is ’n kragtige beginsel wat ons help om bo die wolke te leef. Die son skyn altyd iewers bo die stormwolke van die lewe, en as ons dit deur geloof kan sien, sal ons nie swig voor mismoedige en neerdrukkende gedagtes nie.

Die lewe kan moeilik raak as ons niks anders as ons foute en tekortkomings raaksien nie. Die vyand sal ons dikwels daaraan herinner, en daarom moet ons vertroud wees met wat God van ons dink en dikwels daaroor nadink. Ja, die lewe is dikwels baie moeilik, maar vir die man of vrou van God is dit nie te moeilik nie. Ons is toegerus om in daardie tye te kan volhard en standvastig, geduldig en vol blydskap te wees. Al is die lewe soms moeilik, moet ons nie net aan daardie tye dink nie. Die lewe is ook wonderlik, verstommend en ’n opwindende reis. Daarom moet ons meer dikwels aan die goeie as die slegte tye dink, want ons kan altyd die kwaad met die goeie oorwin.

Laat jy toe dat jou seerkry in haat verander? Indien wel, vra jou dan af: Werk dit? Het jou haat jou enigiets in die sak gebring? Het jou wrewel vir jou enige verligting gebring? Het dit enige vreugde opgelewer? Kom ons sê jou fantasie van woede neem sy woeste loop en jy betaal al jou pyn met rente terug. Stel jou voor jy staan by die lyk van die een wat jy gehaat het. Sal jy dan vry wees?

Wrewel is die kokaïen van die emosies. Dit versnel ons hartklop en verhoog ons energievlak. Maar, ook nes kokaïen, vereis dit dat al hoe groter dosisse al hoe meer dikwels geneem word. Daar is ’n gevaarpunt waar woede ophou om ’n emosie te wees en dryfkrag word. Iemand wat daarop uit is om wraak te neem, beweeg onbewustelik al hoe verder weg van die vermoë om te vergewe, want om sonder die woede te wees, is om sonder die energiebron te wees.

Elkeen van ons word een of ander tyd uitgenooi na ’n nuwe lewe toe. En jy kan kies om voluit vorentoe te gaan of vas te klou aan die verlede. Jy moet altyd weet wanneer ’n seisoen in jou lewe tot ’n einde gekom het en nie daarop aandring om langer te bly as wat bestem is nie. Deur aan te dring om langer te bly, mis jy uit op die vreugde en genietinge wat die volgende fase vir jou inhou. Dit is nodig om die herinneringe van ’n lewe wat verby is te laat gaan. Jy kan jou hele lewe mors deur te wonder hoekom iets gebeur of nie gebeur het nie. Jy kan vir jouself sê dat jy nie ’n volgende stap in jou lewe sal neem, voordat jy nie antwoorde het hoekom iets, wat eens ’n pilaar in jou lewe was, in duie gestort het nie.

Ons mense gryp oral na allerhande nuwe dinge in ’n poging om die leegheid binne onsself vol te maak. Ons is geneig om te dink dat as ons net een of ander kosmetiese verandering op die oppervlak van ons lewe aanbring sal ons lewe meer sin maak. Ongelukkig is daar bitter min dinge op die oppervlak van my lewe wat werklik vir my diep lewensin kan gee.

Die uitdaging is nie om wyer en groter en meer indrukwekkend te leef nie, maar juis om dieper te leef. Richard Foster het op ’n keer gesê: The desperate need today is not for a greater number of intelligent people, or gifted people, but for deep people.

Daar is drie soorte mense in die wêreld, het Mary Kay Ash gesê ‒ dié wat dinge laat gebeur, dié wat kyk hoe dinge gebeur en dié wat wonder wat gebeur het.

Jy wil dinge laat gebeur. Jy wil verandering sien. Nóú. Jy wil iets nuuts sien, iets wat anders is. Jy is moeg van die ou dinge! Maar hoe? Wat is my werklike roeping, my lewensdoel? Wie het die handleiding geskryf ? En wat is die reëls?’

God gebruik gewone mense om uitsonderlike dinge te doen, bloot deur dit wat jy beskikbaar het te gebruik as ’n offer wat Hy kan vermenigvuldig. Ons word almal gebore met ’n verstommende roeping. Elkeen se reis om sy roeping te ontdek is uniek. Op ons reis ontmoet ons mense wat deure vir ons oopmaak na verskillende fases van ons lewens. Ons moet gedurig op die uitkyk wees vir hierdie skielike oomblikke. Hierdie afwagting is ’n voorvereiste om iets nuuts en uitdagend te doen en toegang te kry tot nuwe wêrelde vol geleenthede om ons roeping te vervul.

Om ’n duidelike definisie oor ’n affair te kry is moeiliker as wat ek aanvanklik gedink het. Die woordeboek beskryf ’n affair as ’n seksuele verhouding tussen twee mense, van wie een of al twee getroud is, maar net nie met mekaar nie. Affairs verwoes lewens. Dit plaas jou in ’n hel op aarde. Dit ontneem jou  kinders van ’n gelukkige kinderjare. 

Daar is ’n paar slaggate wat jy moet vermy as jy jou huwelik affair-bestand wil maak. Die artikel fokus op een spesifieke slaggat en wat jy kan doen om dit te vermy: 

Affair-Slaggat #1 Jy glo jy kan op niemand anders as jou sielsgenoot verlief raak nie, so nimmer as te nooit, en hierdie verliefdsheidsfase moet vir altyd hou. Wel, wanneer dit nie so gebeur nie en jy ontmoet iemand anders op wie jy verlief raak, wat is die logiese gevolgtrekking waartoe jy kom? Ek het met die verkeerde sielsgenoot getrou of ons paaie het uiteen geloop, maar ek het darem nou my ware (nuwe) sielsgenoot gevind. Maak jou huwelik só affair-bestand teen dié affair-slaggat.