Manna is nie ’n sommer-só geestelike tydskrif nie….

Is negatiewe gedagtes die grootste gelukdief in jou lewe?

Ons word die Prozac-nation genoem…ons voel dat ons iets nodig het om die donkerwolk wat oor ons kop hang ‘n slag toe te dien eerder as om negatiewe gedagtes te keer voordat dit ‘n lewe van hul eie kry.

Manna tydskrif-Dekorasie Element 03

Slegte dinge gebeur met ons almal. Ons almal gaan deur moeilike tye van hartseer soos tydens uitdiensstelling, egskeiding, die dood van ’n geliefde, moeilike tye by die werk of met jou kinders of jou eggenoot, of wat ook al. Dit is ongelukkig deel van die lewe. Sommige mense stort heeltemal in duie, terwyl ander opstaan en net eenvoudig voortbeur. Waarom is dit so?

Moeilike tye sal jou negatief laat voel. As jy egter nie die handrem optrek nie, kan jy net in ’n spiraal van negatiwiteit verval en net dieper en dieper in die put wegsak. As jy nie hierdie negatiewe emosies beheer nie, gaan jy verslaaf word. Dit is wat werklik in jou lewe gebeur; mense raak aan negatiewe emosies verslaaf. Hoeveel van ons gebruik nie dalk medikasie, maar in werklikheid het ons net verslaaf geraak aan ons negatiewe gedagtes.

Jy kan egter rem aandraai en ontdek dat binne-in jou ’n bron van positiwiteit is wat jy kan ontgin om ’n lewe van vreugde en geluk te lei. Ons elkeen het ’n diepgewortelde positiwiteit wat net oopgeboor en ontwikkel moet word.

Met die regte gedagtes kan jy nie net lewensvreugde en geluk beleef nie, maar ook jou lewe heeltemal verander en jouself selfs gesond maak!

Manna-Tydskrif is Suid-Afrika se eerste positief dink-tydskrif. Dit is nie ‘n tydskrif wat gaan oor lipstiffie, celebrities of resepte nie, maar een wat jou sal help om in alle omstandighede positief te dink en pessimisme en negatiewe gedagte patrone te keer voor dit begin. Of as jy jouself reeds aan die einde van die spiraal bevind, jou sal help om weer tree vir tree – weer lig op jou horison te sien.

Manna tydskrif-dekorasie element 05
Manna tydskrif - Getuienisse banier 01

“Ek bid dat Manna Tydskrif die wêreld op sy kop sal keer met al die mooi wat daarin opgesluit is. Dit seen my waarlik elke dag, en wanneer ek die dag af voel, lees ek daardeur en kry ‘n antwoord.”

Elize Greyling

“Manna Tydskrif is waarlik kos vir my siel in dae wat ek voel soos vandag”

Tersia Swanepoel

“Manna Tydskrif is kos vir my siel. Daar is altyd iets wat ek leer, elke bladsy het ’n mooi boodskap; ek lees dit van voorblad tot agterblad”

Helize Norden

“Alles omtrent Manna Tydskrif is so verfrissend…die artikels, die foto’s…die uitleg. Baie dankie! Ek love dit!”

Cherice Mangiagali